Maranataland sang en kinderbediening

Die Bediening self:

Ons is die afgelope 21 jaar betrokke by kinderbediening en staan bekend as MARANATALAND
KINDERBEDIENING, met Oom Karoolus en Lente. Ons radiopragramme oa MARANATALAND
(Christelike radiostasies) en STORIETYD (RSG) word gereeld uitgesaai. Ons bedien
by geleenthede en plekke soos: kleuterskole, skole, gemeentes, hospitale, jeugweke,
gemeentekampe, organisasies soos kindersorg, ATKV (Christus Saamtrekke), ens. 7 Produksies is op ons
kerfstok en ons is die afgelope 10 jaar by Brettian Platemaatskappy.

Die Optredes behels:

Die program wat gewoonlik 'n uur beloop, bestaan uit 'n groot gedeelte saamsing en saamdoen.
Die woorde van die liedjies is eenvoudig en op die Woord gebasseer. Kinders oud en jonk leer
dit vinnig gedurende die optrede aan. Oom Karoolus hanteer gewoonlik die gedeelte. Saam met Lente
(dogtertjiepop van 5 jaar) word een of ander storie of insident vertel wat ons herinner aan iets wat
in die Bybel staan. Op 'n praktiese manier word 'n skrifgedeelte aan die kinders op hierdie manier
verduidelik. Die program is gemik op al die kinders, jonk en oud, (gestryk en ongestryk). Dit is dus
'n aanbieding wat gemik is op die hele gesin.