Jy kort: Foelie, 1 albaster en 'n boksie.

1. Skeur 'n strokie foelie af, omtrent 6cm by 9cm.

2. Rol om jou wysvinger oor die breedte.

3. Druk die punt van die foelie toe teen jou vingerpunt.

4. Haal die foelie van jou vinger af.

5. Sit die albaster in en druk die punt liggies toe.

6. Sit die wurm in die boksie...

7. ... en skud hom goed.

8. Haal die wurm uit die boksie en laat hom op
jou hand of in die boks loop.